Akademie
Die missie van Laerskool Nahoon is om geletterde, lewensvaardige en inherent gelukkige kinders te begelei sodat hulle fisiek, emosioneel, sosiaal en geestelik opgewasse sal wees om die eise wat die samelewing aan hulle stel, suksesvol te kan hanteer. Individuele aandag is n groot fokus by ons skool.
Sport
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees en by Laerskool Nahoon wil ons dit graag vir ons kinders leer. Daarom verwag ons dat elke leerder ‘n skoolsport beoefen. Dit is hier waar ons vriende maak en deursettingsvermoë aanleer.
Kultuur
By Laerskool Nahoon bevorder ons 'n inklusiewe en diverse kultuur, waar leerders aangemoedig word om hul unieke talente te ontdek, respek te toon vir ander, en saam te werk om 'n positiewe skoolgemeenskap te bou.
Laerskool Nahoon
‘n Skool wat met trots sê dat ons moedertaal Afrikaans is en dat ons daarna streef om ons kultuur, waardes en tradisies te koester.
Ons is ‘n klein laerskool waar individuele aandag ‘n groot prioriteit is.
Die skool waar Godsdiens vir ons baie belangrik is. Laerskool Nahoon se personeel, ouers en leerders werk saam en streef daarna dat ons skool ‘n kind-gerigte skool moet wees waar dit belangrik is dat elke kind tot sy volle potensiaal ontwikkel. Ons glo in die onskuld van kind wees, en wil ‘n skool wees waar kinders nog kan kind wees.
Getuigskrifte
Wat ouers sê
Ons skool
Gallery
Kontak ons vir meer inligting
Kontak ons vandag vir meer inligting
Ons Doel
Laerskool Nahoon is ‘n opvoedingsentrum wat daarop gemik is om kwaliteit onderwys en vaardigheidsopleiding aan kinders te verskaf.
Die doel van Laerskool Nahoon is om die onderwysgaping in minderbevoorregte gemeenskappe te oorbrug, leerders toe te rus met relevante vaardighede en kennis, en hulle te bemagtig om produktiewe lede van die samelewing te word.
Kontak Ons
Kontak ons by Laerskool Nahoon vir meer inligting oor ons skool en dienste.
Kantoorure
MA-VRY: 07:00 – 14:30
Foon:
043 735 3668
E-pos:
office@nahoonskool.co.za
Adres
Schultzweg, Nahoon, Oos-Londen, 5241