sport
Op Die Sportveld
‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees en by Laerskool Nahoon wil ons dit graag vir ons kinders leer.
Daarom verwag ons dat elke leerder ‘n skoolsport beoefen. Dit is hier waar ons vriende maak en deursettingsvermoë leer ken.
Op sportgebied neem ons leerders aan verskeie sportsoorte deel en lewer ons jaarliks provinsiale en nasionale verteenwoordigers op.
SOMER:
- Atletiek
- Rugby
- Krieket
- Swem
- Tennis
- Skaak
- Hokkie vaardighede
WINTER:
- Rugby
- Netbal
- Landloop
- Tennis
Rugby:
Soos enige Suid-Afrikaanse skool is rugby ‘n baie gewilde sportsoort. Nahoon se personeel staan aan die begin van die rugbyseisoen slaggereed om die spelers af te rig. Nahoon lewer ook gereeld provinsiale spelers op. Die o/13-span gaan jaarliks op ‘n rugbytoer waar ons spelers teen spanne buite die distrik kan kragte meet.
Netbal:
Nahoon se netbalspeelsters word al vanaf o/7 afgerig in balvaardighede en wedstrydtegniek. Die o/7-, o/8- en o/9-spanne neem deel aan mini-netbal. Vanaf o/10- tot o/13 word netbal gespeel. Laerskool Nahoon lewer puik speelsters op. Die speelsters dra ons skool se naam nog verder uit deur in provinsiale spanne opgeneem te word. Die o/13-span gaan jaarliks op ‘n netbaltoer waar hulle waardevolle ondervinding opdoen teen spanne buite ons distrik.
Mev. Celliers was in 2022 gekies as SA skeidsregter. Kwaliteit afrigting word hier hoog op die spel geplaas.
Swem:
Laerskool Nahoon spog met ‘n prag, 25 meter swembad met 6 bane. Swemafrigting is deel van ons dagprogram in die somermaande. Swemgalas word gereeld gedurende die seisoen gehou. Leerders kan al vanaf o/8 deel van die swemspan wees.
Mini-krieket en Krieket:
Mini-krieket word deur die Gr. 1, 2 en 3-leerders gespeel. Daar word gereeld aan mini-krieketwedstryde deelgeneem. Indien die leerders gereed is, skakel hulle by die afrigting van hardebal krieket in wat reeds by o/9 begin. Die seuns en dogters oefen gereeld in die krieketnette.
Aan die begin van die krieketseisoen in September, neem die o/13-span aan ‘n jaarlikse kriekettoernooi deel.
Atletiek:
Die kleurebyeenkoms word vroeg in die nuwe jaar aangebied. Leerders wat tydens die rooi- en blouspan se kragmeting presteer, kry die geleentheid om verder aan distrikbyeenkomste deel te neem. Ons atlete presteer goed op provinsiale vlak en ontvang provinsiale kleure indien hulle vir die Buffalo City Metro-span gekies word om aan die Oos-Kaapbyeenkoms te gaan deelneem. Afrigting word deur personeel hanteer. Ons maak ook gebruik van kundige ouers wat op atletiekgebied presteer het. Hulle lewer waardevolle insette in die ontwikkeling van ons atlete.
Tennis:
Leerders kan al vanaf Graad 1 tennisafrigting ontvang. Die afrigting geskied tydens skoolure, asook naskool. Ons gee ook aan belowende spelers die geleentheid om afrigting gedurende skooltyd te ontvang. Hierdie afrigting word deur ‘n professionele afrigter, Mnr. Peter Tudhope, behartig.
Landloop:
Landloop is pret en enige leerling is welkom om deel te neem. Ons oefen binne en buite die skoolterrein saam met ‘n personeellid. Verskillende skole bied gereeld landloopbyeenkomste op ‘n Vrydagmiddag aan. Laerskool Nahoon se byeenkoms is definitief een van die hoogtepunte van die jaar. Oos-Londen het vele middelafstand byeenkomste wat dit heerlik maak vir atlete om heel jaar deel te neem en die buitelug te geniet.
Skaak:
Skaak is nie seisoen gebonde nie en word reg deur die jaar aangebied. Dit bied u kind die geleentheid om sy vermoëns te ontwikkel, te dink en vooruit te beplan. Dit versterk ook geheue en wiskundige vermoëns.
Tennis
Tennis is ‘n gewilde sportsoort onder laerskoolleerlinge, en Learskool Nohoon erken die belangrikheid daarvan in die bevordering van fisieke fiksheid, koördinasie en sosiale vaardighede..